Tweede Tempel

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
’n Model van Herodes se Tempel (’n restourasie van die Tweede Tempel) in die Israel-museum, 1966.

Die Tweede Tempel (Hebreeus: בֵּית־הַמִּקְדָּשׁ הַשֵּׁנִי, Beit HaMikdash HaSheni) was die Joodse heilige tempel wat tussen 516 v.C. en 70 n.C. op Tempelberg in Jerusalem gestaan het. Volgens die Joodse tradisie het dit Salomo se Tempel (die Eerste Tempel) vervang wat in 586 v.C. deur die Nieu-Babiloniese Ryk vernietig is toe Jerusalem binnegeval en ’n deel van die bevolking van Juda na Babilon verban is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search